Quantcast
Channel: Stellenbosch University: News
Viewing all articles
Browse latest Browse all 11951

Maties Sport stars graduate

$
0
0
Page Content:

​Time management and commitment are essential for students who also excel in their chosen sport.

Complete translation in English to follow

Dit is hierdie week weer eens geillustreer deur Paul Streicher, FNB Maties se buitesenter, wat Dinsdag 'n vroeë vlug uit Johannesburg moes neem en direk van die lughawe na Stellenbosch moes ry om betyds te wees vir sy gradeplegtigheid, waar hy sy BRek-graad ontvang het.

Streicher was deel van die Matiespan wat Ikeys 60-13 afgeransel het in 'n Varsity Cup-wedstryd wat Maandagaand in Johannesburg plaasgevind het. Sy spanmaat, Niel Oelofse, het Maandag sy gradeplegtigheid misgeloop weens die wedstryd. Oelofse het 'n teologiegraad verwerf.

Drie lede van die Maties Parasport-klub - Willem Venter (doelbal), Anika Pretorius (atletiek) en Dyan Buis (atletiek)- het vandeesweek gegradueer.

Venter, wat blind is, het sy MSc-graad in rekenaarwetenskap ontvang; Pretorius, wat gesiggestremd is, het haar BSc-graad in sportwetenskap ontvang en Buis, wat serebraal gestremd is, het sy Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS) verwerf.

Venter, wat van Worcester af kom en by die Pionierskool skoolgegaan het, is 'n lid van Boland se doelbalspan en het ook vir vier jaar in die Universiteit Stellenbosch se bekroonde koor gesing.

Hy gaan in Mei as junior ingenieur by 'n maatskappy in Tegnopark begin werk.

Pretorius is die SA kampioen in die 400m en verspring (klas T13) en het verlede jaar aan die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) se Atletiekwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Doha deelgeneem. Sy is tans besig met haar honneursgraad in sportwetenskap.

Sy sê dis nie altyd maklik om tyd vir haar studies en haar sport te vind nie, maar sy geniet albei baie en daarom is dit nie vir haar 'n las nie.

Buis het verlede jaar twee silwer medaljes by die Atletiekwêreldkampioenskapsbyeenkoms in Doha gewen – een in verspring (F38) en een in die 200m (T38).

Daar was hierdie week egter nie baie tyd vir feesvieringe nie want Buis, wat 'n onderwyser by Wes-Eind Primêr in Franschhoek is, moes nog punte invoer en rapporte voorberei. Hy is tans ingeskryf vir die honneursgraad in onderwysontwikkeling en demokrasie en besig om voor te berei vir moontlike deelname aan die 2016 Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro later vanjaar.

Al drie van hulle sal hierdie week na Bloemfontein reis vir die Nedbank SASAPD (South African Sports Association for the Physically Disabled) Nasionale Kampioenskapsbyeenkoms (18-24 Maart).

Aktuaris wat krieket speel

Dewald Botha, kaptein van die Steinhoff Maties-krieketspan, het Woensdag sy MSc-graad in Aktuariële Wetenskap verwerf.

Hy het verlede jaar, terwyl hy nog besig was met sy meestergraad, die Boland T20-span gelei wat aan die eerste Afrika T20-toernooi deelgeneem het.

Hy beskryf homself eerder as 'n student wat krieket speel as 'n krieketspeler wat 'n graad as plan B wou verwerf. Tydsbestuur was sy resep vir sukses.

Page Image:
Author: Pia Nänny
Media Release: No
Visibly Featured: Maties Sport Carousel; SU Main Snippet
Published Date: 3/17/2016
GUID Original Article: 0A529091-BE71-4748-9938-A1B1F6200FA0
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: ​Tydsbestuur en toewyding is noodsaaklik vir studente wat ook op hoë vlak op sportgebied presteer.
Summary: ​Time management and commitment are essential for students who also excel in their chosen sport.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 11951

Trending Articles