Quantcast
Channel: Stellenbosch University: News
Viewing all articles
Browse latest Browse all 11752

"USBD" vervang deur Kampussekuriteit

$
0
0
Page Content:

"USBD" vervang deur Kampussekuriteit

Sedert 2012 het Fasiliteitsbestuur se sekuriteitsafdeling ʼn beeldverandering ondergaan wat Kampussekuriteit meer sigbaar en herkenbaar  laat.  Saam met hierdie verandering het die nuwe naam  Kampussekuriteit die ou naam "USBD of Beskermingsdienste" vervang.

Die US-sekuriteitsafdeling sal voortaan dus slegs as Kampussekuriteit bekend staan.  Hierdie eenvoudige, sinvolle naam is selfverklarend en word ondersteun deur internasionale norme, deurdat dit deur al hoe meer universiteite wêreldwyd gebruik word.

Kampussekuriteit is in die proses om plakate, webwerwe en dokumente te verander. Almal word gevra om voortaan die nuwe naam te gebruik aangesien die ou naam vir nuwe studente en eksterne partye van geen waarde is nie.

Die rapporteringsnommer vir FB en Kampussekuriteit is 021 808 4666 en die noodnommer in geval van werklike nood is 021 808 2333.

Page Image:
Author: Viljoen van der Walt
Media Release: No
Visibly Featured: SU Main
Published Date: 7/24/2013
GUID Original Article: EBBF2A49-112F-4483-AAF0-690CAF5884B3
Is Highlight: No
Staff Only: No
Opsomming: "USBD" vervang deur Kampussekuriteit
Summary: "USBD" vervang deur Kampussekuriteit

Viewing all articles
Browse latest Browse all 11752

Trending Articles



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>